Bankbesonderhede

NG Plettenbergbaai

Eerste Nasionale Bank

Tak 210514

tjekrekeningno: 53371029209

 

FINANSIES


Die finansies van die Gemeente is onder beheer van die Finanskomitee wat aan die Sentrale Kerkraad verslag doen.


 Die huidige voorsitter is Andre Ebersohn.


FINANSIES: HUIDIGLIK


Die nuwe struktuur van 2 wyksgemeentes met die voordele, veral die groter betrokkenheid van lidmate, wat daaruit voort gevloei het, het ‘n wesentlike impak op die gemeente se finansies. Die nuwe struktuur het in hierdie opsig ‘homself bewys’.  Gedurende die vorige 10 jaar het die gemeente  ‘n gemiddelde tekort van amper R200 000 per jaar gehad. Gedurende die voorlaaste jaar (2009) was hierdie tekort R257 000. 


Die afgelope jaar is ‘n surplus van R105,000 behaal. (dit sluit rente op beleggings, van R95 000 in, maar daarsonder was daar steeds ‘n surplus vanR10 000.) Vir 2011/2012 word vir ‘n surplus van R81 000 begroot, maar dit is met inagneming van rente-inkomste vanR69 000.


Die gedesentraliseerde srtuktuur lewer nie net vir die eerste keer in 11 jaar ‘n surplus nie maar het ‘n jaar tot jaar ommeswaai van meer as  R300 000 gelewer.  Dankoffers het met 22.2% gestyg en kostes is beperk en streng gekontroleer op alle terreine.  Die neem van verantwoordelikheid en eienaarskap het baie hiermee te doen, maar dit is  veral ‘n bewys van die wonderbaarlike werking van die Hemelse Vader.


Hierdie oorhoofse positiewe resultate van die afgelope jaar beteken nie dat daar geen meer tekorte is nie. In sommige onderafdelings van die totale finansiele struktuur is daar steeds negatiewe syfers. Daar sal voortgegaan moet word met pogings  om volgens die Strategiese Plan ‘n positiewe surplus op die lopende rekening te hÍ teen 2013.       


Die werklike syfers vir 2010 en 2011 en die Begroting vir 2012 word hieronder, aan einde van skakel, in tabelvorm verskaf.


Let asseblief daarop dat die inkomstes en uitgawes afsonderlik begroot en geboekstaaf word vir die 2 Kruise, Suiderkruis en Noorderkruis. Hierdie indeling en vorderingsverslae word in die Kruik en op ander wyses aan lidmate van die onderskeie 2 wyksgemeentes, gereeld deur die loop van die jaar, verstrek.


Die doelwit is om huidige tekorte teen 2013 uit te wis.

Die werklike inkomste en uitgawe vir 2009 en Begroting vir 2010 word kortliks hieronder weergegee.


Eerstens egter: Ter agtergrond en volledigheidshalwe word ‘n samevatting gegee uit vorige verslae deur die Finanskomitee-voorsitters. (Ludolf Roos en huidiglik Andre Ebersohn). Hieruit sal bemerk  word dat die huidige tekorte reeds ‘n paar jaar duur. Ons verskaf ook besonderhede oor die aanwending van die gemeente se inkomste. 


1.

Die duidelike boodskap vervat in syfers van die afgelope paar jaar, is dat inkomste merkbaar sal moet verhoog om die uitgawevlak, wat die huidige diens- en infrastrukture verteenwoordig, te ondersteun.  Wesentlike tekorte word reeds ‘n paar jaar aangevul deur rente-inkomste en onttrekking van beleggings. Dit kan tog slegs 'n tydelike maatreŽl wees. Dit is 'n finansieel ongesonde [en dus onwenslike] situasie om kapitaalbates vir lopende uitgawe te gebruik want dit is onvolhoubaar. Ons moet verhoed dat die gemeente gekonfronteer word met strukturele aanpassings wanneer beleggingsfondse uitgeput is.  Kapitaalfondse, wat opbrengste uit grondskenkings van lank gelede verteenwoordig, moet beskerm word sodat dit eerder vir nuwe strategiese bates/projekte aangewend kan word.

2.

Enersyds glo en hoop ons dat die Gemeentebou-program so suksesvol sal groei dat dit ook offergawes natuurlikerwys sal stimuleer, veral dat dit oor 'n wyer basis van lidmate gegenereer word. Andersyds besef ons dat daar onmiddellike aandag geverg word. Ons doen derhalwe 'n vriendelike beroep op ons lidmate om te oorweeg om debietorder-bedrae te verhoog en/of 'n debietorderstelsel vir bydraes te oorweeg, waar dit nog nie gedoen word nie. Daar is groot dankbaarheid vir die positiewe gesindheid jeens hierdie saak

3.

Die gemeente is tans in die bevoorregte posisie dat ons geen gemeenteskuld het nie, en wel oor kontantbeleggings beskik uit erwe wat verkoop is.  Die gemeente is egter terselfdertyd ook in die onbenydenswaardige posisie dat ons jaarlikse uitgawes tans beduidend meer is as ons jaarlikse inkomste.  Die jaarlikse inkomste dek in effek bloot die salarisrekening en weinig van die ander uitgawes. 

4.

Die kontantbeleggings (kapitaalfondse) kan wel, soos tans, benut word om vir 'n tyd lank verliese te finansier, maar afgesien daarvan dat dit finansieel nie gesonde beleid is nie, word 'n finansieringsprobleem net uitgeskuif vir twee of drie jaar, want dan kan beleggings verander in lenings OF in drastiese stappe ten opsigte van bates en/of gemeente-struktuur. Die verhewe visie en doelwit van uitreiking (...en bring hoop in Bitou) sal verdwyn of merkbaar skade ly.

   

   

Die situasie van tekorte, soos hierbo uiteengesit, het gedurende die laaste paar jaar ontwikkel veral a.g.v. 


1.

'n redelike mate van onbetrokkenheid onder 'n groot deel van ons lidmate

2.

'n ongelukkige verlies van aktiewe, meestal werkende gesinne na ander meer charismatiese en evangeliese kerke;

3.

'n gebrek aan groei in die gemeente;

4.

'n gebrek aan effektiewe kommunikasie in die gemeente; en

5.

die maklike opsie wat ons gedurende die laaste paar jaar gehad het om  hierdie tekort  bloot uit kapitaal te finansier instede van ons moue op te rol en te doen wat nodig was om gedoen te word ten einde die bostaande uitdagings die hoof te bied en die finansiŽle tekort reg te stel.



Aanwending van fondse:


Fondse word hoofsaaklik op die volgende vier maniere deur die kerkraad aangewend tot uitbouing van die Koninkryk van die Here :


1.

salarisse van personeel wat in diens van die gemeente is (leraars, orreliste, administratiewe personeel, faktotum, tuin- en skoonmaakpersoneel);

2.

onderhoud en versekering van die gemeente se eiendom

3.

sinodale aanslag (word grootliks deur die kerkstrukture aangewend vir barmhartigheid- sending- en getuienisaksies op 'n nasionale vlak); en

4.

verskeie gemeentebedienings, barmhartigheid-, sending- en getuienis-aktiwiteite op 'n plaaslike vlak.



Die eerste drie groepe van  uitgawe is van 'n vaste aard en is nodig vir die normale funksionering van die gemeente terwyl die belangrike vierde diť area is wat ons graag sal wil uitbrei, as uitvloeisel van ons gemeentebou-program.